Wie is Walkie Talkie?

October 13, 2013

Onderhoud gevoer vir en eerste gepubliseer deur www.litnet.co.za

Reney Warrington het die volgende e-pos ontvang:

My good friends Toast Coetzer (Buckfever Underground) and Hemelbesem and I formed a new bilingual spoken word band, and we called it Walkie Talkie. We wrote a song/poem and collaborated with Pretorian electro-bad-boys A Skyline on Fire. The song is called “Happy Valentine’s Day”, and is available as a free download over here:

http://walkietalkie3.bandcamp.com/track/happy-valentines-day-with-a-skyline-on-fire.

Kook en geniet
Jaco van der Merwe.

Reney het gaan vasstel wie almal van Walkie Talkie is.

Vir die mense wat onder klippe bly, sê bietjie wat julle individueel andersins/gewoonlik/ook doen.

Toast

Ek is voltyds reisskrywer by Weg en Go!, en in my vrye tyd mederedakteur van die oudste Afrikaanse ’zine in die heelal, Ons Klyntji. Behalwe vir Walkie Talkie is ek ook in die spoken word band The Buckfever Underground (sedert 1998) en die meer bedroom pop band Simply Dead (sedert 2011). Ek’s ook DJ op Bush Radio 89.5 FM, as deel vanUnhappy Hour (Sondae 6–8 nm).

Jaco

Ek is Jaco van der Merwe. Ek is ‘n hoërskool-Engels-onderwyser. Ek gee klas vir graad 10–12-leerlinge van die townships rondom Brits in Noordwes. Ek skryf en rap en spring rond vir Bittereinder. Ek skryf en sing en sit redelik stil in my “ander band” (deesdae mos ‘n prerequisite vir enige legit SA musikant), Die Begin. En nou, in my derde “band”, Walkie Talkie, skryf ek ook woorde en sê hulle hardop.

Hemelbesem

Aweh! Ek is Hemelbesem, ’n rapper by day en ’n radio DJ by night! En tussenin ’n kamma amateur algemene kuns-fynproewer. Ek doen die Oppiradio show op RSG elke Vrydagaand vanaf 8 tot 9 en doen dieCypherSaamSimon show op ValleyFM elke Saterdagaand tussen 9 en 10. Ambassadeur vir Afrikaans, rymklets, hip-hop-kultuur, BLM Music en Kanasashi Tattoos O en my hart is grasgroen maar my bloed is potblou! Rugbykenners sal weet waarvan ek praat!

OK, die naam, Walkie Talkie? Daar is die obvious betekenis. Wat skuil verder agter dit?

 

Toast

Geen groter betekenis nie (speaking for myself here …), maar ’n radio is obviously iets waarmee jy kan uitsaai, en dis deel van wat ons doen. Ons loop en praat, walk the talk, etc.

Jaco

Toast se idee. Ons het ‘n paar name rondgegooi, daai een het dadelik sin gemaak. Die meeste van ons content idees sover is Toast s’n. Lyk my hy’s die breins en die baard agter die projek. Hemelbesem is die sex appeal, ek’s die x-factor. Treffers guaranteed.

 

Hemelbesem

Ek like dit, want Walkie Talkies is gemaak om net binne ‘n sekere radius te werk. Dws ons fokus is eintlik op local gebeure, of meer nader aan die huis, as jy verstaan wat ek bedoel. En dis loud ook – al praat ons eintlik met mekaar, kan mense wat naby genoeg staan, ook luister na ons gesprekke. Dis hoe ek dit sien!

 

Wat is Walkie Talkie dan presies? 

Toast

’n Projek tussen drie ouens via e-mail (grotendeels). Jaco het vir my en Simon genader en voorgestel ons werk saam aan iets. So ‘n paar e-mails later is Walkie Talkie gebore.

Jaco

Ons is drie bilingualspokenwordcurrenteventinvestigators.

 

Hemelbesem

’n Outlet vir drie ouens wat baie common ground tussen hulle het wat die kuns en perspektief betref (en baardstyl).

 

Gaan julle vir elke track ’n ander muso/band gebruik?

Toast

 Dis rofweg die plan, ja.

Jaco

Dis vir my een van die lekkerste aspekte van hierdie projek – ons skep ‘n kans om met van ons gunsteling-musikante te werk, mense met wie ons nie “gewoonlik” sou werk nie. Soos A Skyline on Fire, met wie ons die eerste snit gedoen het. Ons werk ook al klaar aan tracks met Jacob Israel en Die Skynmaagde en het ‘n lang lys van “possible future collaborators”.

 

Hemelbesem

Ja ons gaan krap diep vir collabos op dié een! En op die mees unlikely plekke. Ons al drie se luisterveld is wyd wat musiek aanbetref, so dis ’n gulde geleentheid om met die weirdste ouens te werk wat nie noodwendig vir ons soloprojekte sal werk nie.

 

“Valentine’s Day” se lirieke het my hoendervleis gegee. Albei kant van die Oscar/Reeva-skietery word bekyk. Julle lig ook die pers en die publiek se verdeelde reaksie uit. Wat het julle daaroor laat skryf?

Toast

Die konsep waarvandaan Walkie Talkie rigting begin kry het, is dat ons sou skryf oor dinge wat aktueel in die nuus is, of dit nou groot nuus of klein nuus, sensasioneel of obskuur is. Toe ons vroeër in 2013 die projek begin het, was dit net obvious dat ons eerste song oor die Oscar/Reeva-voorval sou wees. Dit was orals in die media, en gaan nog vir lank so wees.

Jaco

What Toast said. For the record: in Bittereinder is een van my grootste rolle om al die press goed te hanteer. Ek kan nie vir jou sê hoe lekker dit is om Toast se antwoorde te lees en te besef ek sou dit nooit so mooi kon bewoord nie. Ek gaan nog baie lekker die “What Toast said”-lyn gebruik.

 

Hemelbesem

As ’n kommentator van “current events” val dit onmiddellik in ons job description.

 

Ek moet vra: Gebruik julle nie bloot die Oscar Pistorius-voorval vir publisiteit nie?

Toast

Wat ons met die projek wil doen, is om nuusgebeure in ’n ander konteks te plaas as in die koerante, op nuuswebwerwe en op TV-nuus. Deur dit in ’n song-konteks te plaas, verander die interpretasie daarvan, en laat dit jou toe as skrywer om jou persoonlike spin by te sit, en stel dit (moontlik) die luisteraar in staat om dit in ‘n ander lig te sien as wat die media of wyer opinie dit dalk gewoonlik sou plaas. Dis nie asof ons die Oscar-nuus gehoor het en toe besluit het om die band te begin nie. Die Oscar-storie gaan ook oor veel meer as net wat daai aand gebeur het tussen hom en Reeva. Die groter storie is een van geweld in Suid-Afrika, en vernaam geweld teenoor vroue. (Dis terloops ook die tema van ons volgende song, wat oor Anene Booysen gaan.) Tussen ons drie kyk die song na hoe ons ons helde verhewe in Suid-Afrika, en hoe ons wil glo hulle is volmaak – maar hulle is nie, hulle is maar net gewone mense wat foute kan maak. Die song kyk ook na hoe maklik ons draai op ons helde, na hoe die media tragiese nuus verdraai na bikinimodel-sensasie, en hoe laasgenoemde altyd meer lugtyd gaan kry as net nog ’n voorval van geweld teenoor ’n vrou elders, in ’n armer buurt waaroor niemand omgee nie. Ultimately gaan die song nie oor Oscar en Reeva nie, maar oor onsself, want die ding wat niemand regtig ooit wil erken nie, is dat enigeen van ons in staat is tot slegte dinge.

Jaco

What Toast said. Oh yes.

 

Hemelbesem

Ek wil net byvoeg en sê dat as Walkie Talkie sowat ’n jaar terug moes aan die gang gewees het, sou ons sekerlik iets ook te se gehad het oor ons president en daaaaiiii skildery! Dit was die “current” van daai tyd. Hehe, ons sou definitief nie “stert” tussen bene dit benader het nie … So die nou nuus is waarop ons fokus. Onthou ook, omdat ons ’n “e-mail” crew is, kan ons nie altyd so vinnig als klaar hê nie, so wanneer ons ’n topic kies, kyk ons na iets wat redelik langdurig nog current sal bly.

 

So Engels/Afrikaanse spoken word? Hoekom? Is daar ’n toekoms vir die genre? 

Toast

Hoekom nie … Ons doen wat vir ons lekker is en dis dit.

Jaco

Natuurlik is daar ‘n toekoms. Daar sal altyd iemand wees wat wil luister en connect. Dis mos nie ‘n “nuwe” genre nie, en ware Afrikaners is lief vir poësie. “Spoken word” is ‘n unieke veld so tussen letterkunde en musiek waar ek, Toast en Hemelbesem se verskeie skills regtig mooi ontmoet en fuse, in my opinie in elk geval. Ek dink ons “body of work” sal eventually tot dit testify.

 

Hemelbesem

Ek probeer my werk opbreek sodat mense diepte kan explore. Spoken word doen dit vir my. En ja natuurlik, dis al eeue oud. It stood the test of time!

 

Wanneer slaap julle? Mens moet as creatives in Suid-Afrika jou ysters in baie vure hê. Ek het onlangs ’n week saam met van die top visuele kunstenaars in die land spandeer. Hulle is almal probleem-oplossers. Hulle maak iets uit niks uit nie. Hoe oorleef julle? Hoe balanseer julle kreatief wees met finansieel oorleef? 

Toast

Ek het ’n day job, so tot ’n groot mate is ek gelukkig en hoef nie te worry oor waar die huurgeld vandaan kom nie. Dit gee my die vryheid om my kreatiewe projekte te doen. Maar ja, luiheid is die duiwel se oorkussing, etc.

Jaco

Mens kort net daai “home” space om elke nou en dan weer asem te skep. Gelukkig kry ek dit net-net gereeld genoeg reg, so far. En in my ervaring van die lewe sover, as mens hard genoeg vir lank genoeg werk aan dit waarvoor jy lief is, word geld al hoe minder ‘n issue. Soort van. Actually, don’t quote on me on that, maar ek los dit maar in die onderhoud, want dit het my lank gevat om daai sin te tik.

 

Hemelbesem

Nee, wat if I snooze I lose! Ek is voltyds in die pyn/puin, en maak dit soms net-net per maand, of glad nie … Aan die een kant is die swaar trek weer die grootste bydraer tot die meeste van my werk. Ek wonder soms waaroor sal ek skryf as ek nie sukkel nie. Maar ’n kontrakkie hier en daar, hetsy voice-over werk, skryfstukke, audio-werk, optredes, ens dra my nog sover.

 

Is daar ’n vol album in die pyplyn? 

Toast

Dalk eendag. Vir nou doen ons die songs een op ’n slag, soos ons tyd het en soos die nuusgebeure inkom.

Jaco

What Toast said.

 

Hemelbesem

Amen.

 

Optredes?

Toast

Who knows. Nie vir nou nie.

 

Hemelbesem

In time.

 

Julle gebruik Bandcamp as ’n platform vir julle downloads. Is daar nie ’n Suid-Afrikaanse eweknie nie? Of wil julle op ’n internasionale platform wees? 

Toast

Of jy nou in Suid-Afrika of Amerika sit – dit maak nie regtig meer saak deesdae nie.

 

Hemelbesem

Ek is nie so clued up met al die platforms nie, dit raak net te veel. Dis Jaco se baby daai.

 

Wat is julle opinie oor onwettige downloads van musiek? Ken julle Amanda Palmer se storie? Sy het iets soos 20 000 kopieë verkoop, toe dump haar label haar natuurlik. Sy dink toe, maar hel, 20 000 mense het my CD gekoop. Sy begin toe ’n Kickstarter-veldtog en vra vir $200 000. Sy kry toe wel iets soos $1 400 000! Daarmee neem sy die nuwe album op, wat sy dan verniet weggee op haar website. Wel, jy kan kies wat jy daarvoor wil betaal. Ek het dit eers afgelaai, ’n paar keer geluister en toe $10 gaan betaal. Is dit die plan met julle nuwe single? (Ns: ek het dit verniet afgelaai.) 

Toast

Dankie. Ek is ’n fan van Amanda Palmer se etos en glo ook dat jy jou fans moet value, dan sal hulle jou ook waardeer. Walkie Talkie gaan op hierdie stadium baie meer oor saamwerk met like-minded souls en die uitstuur van konstruktiewe boodskappe, eerder as downloads en geld.

Jaco

What Toast said.

 

Hemelbesem

Prezactly!  

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Jimmy in Pienk Previous post Jimmy in Pienk
Total: