2017 het reeds ongelooflike Suid-Afrikaanse films opgelewer. 2018 lyk nog meer opwindend. Een van die hoogtepunte gaan vir seker Wonderlus wees. Dit gaan interessant wees om te sien wat Suid-Afrikaanse gehore daarmee maak. ’n Paar tannies gaan omgekrap wees, dit is vir seker.
words
Vuil wasgoed is ’n vars skop-skiet-en-donder-fliek. Dit is ook bitter snaaks. Ek voorspel dit gaan ’n lokettreffer wees, maar nog belangriker, dit kan ’n nuwe tipe gehoor teaters toe lok. Ons het tog nodig om agterstewes in die teatersitplekke te sit.
Raaiselkind is my lewe uitgespel op die silwerdoek. Ek was deel van ’n familie wat deur ’n erg gestremde broer vernietig is. Ek het ook kontak gehad met soortgelyke families. Ek kan derhalwe met gesag sê die draaiboek het die chaos perfek vasgevang – ma’s neem in die reël al die verantwoordelikheid op hulleself, die …
As mens kyk na regisseur Ettienne Fourie se drie films – Die windpomp, Dis koue kos, Skat, en nou Liewe Kersfeesvader – is dit duidelik dat hy soos gooie wyn beter word met tyd. Ek kan nie wag vir sy sesde of sewende film nie.
Heel eerstens moet ek dit duidelik maak dat Vaselinetjie nie ’n uitmergelende film is nie. Jy gaan nie jou polse sny as jy dit gaan kyk het nie. Inteendeel, dit is ’n lieflike, opbouende film met ’n vars invalshoek in die rassespanning wat ons elke dag voel.