Lucinda Williams en Pick ‘n Pay se kragopwekker (MUSIC)

October 23, 2009

lucindaDie dominee druk sy kop by die venster uit. Ja, sê hy dikbek, Pick ʼn Pay se generator gor-gor deur die dorp. Dit beteken dit is Eskom ‘load shedding’. Vir ʼn halfuur sit ons dikbek in die voorkamer en wyn proe. Ek het egter ʼn blink idee en die twee van ons sluip in die kerk se rigting waar my liefste Ford KA in die son staan en bak.

 

Die Dominee vou sy 6voet2 raamwerk inmekaar en ons grinnik oor en weer vir mekaar. So bevind ek myself op ʼn Saterdagmiddag geparkeer voor die Hervormde Kerk. Soos regte maplotters staan die kar deure oop en weergalm die musiek deur die buurt. Dis gelukkig gehalte musiek, oortuig ek myself en ons tune darem nie die enjin nie.

 

Die Dominee kry  ʼn glinster in die oog en sê, Wag hier. Hy keer terug met ʼn album getiteld ‘West’. Hy druk die CD in, kies nommer 5 en hou besitlik eers die ‘cover’ terug. Dis ons gewone roetine. Die een wat luister moet raai wie en wat dit is en natuurlik oeee en aaaa. Die teleurstelling is reusagtig as dit wel gebeur dat die luisteraar nie van die musiek hou nie. Die partikulêre Saterdag is my vriend se ego veilig. Dit vat presies 5min42sek om my ʼn Lucinda Williams groupie te maak.

 

Sy klink amper soos Marianne Faithful, sommige (ongekunstelde, in my opinie) mense sal selfs sê sy is vals. Hmff. Die production op die album is perfek, die kunstenaars wat bydrae bekend in hulle eie reg en haar kwansuis perfeksionistiese stempel kan jy duidelik hoor.

 

Die album is nie vir bangbroeke nie. Dis nie ligte popvermaak nie. Dis stadige, droewige blues, rock en ja, ek sal dit herken, effens ‘country’.

 

Die album handel klaarblyklik oor die dood van haar ma en ʼn verhouding wat beëindig is. Ek sit ʼn kort aanhaling uit ‘Unsuffer me’ in.

 

 

“Unlock my love

and set me free

come fill me up

with ecstasy

 

surround my heartbeat

with your fingertips

unbound my feet

untie my wrists

 

come in to my world

of loneliness

and wickedness

and bitterness

Unlock my love

 

Unsuffer me

Take away the pain

Unbruise unbloddy

Wash away the stain

Anoint my head

With your sweet kiss

My joy is dead

I long for bliss

 

I long for knowledge

Whisper in my ear

Undo my logic, undo my fear

Unsuffer me”

 

Jinne.

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: