Taktiek

September 26, 2023

“Iewers in Suid-Afrika is daar ’n dorpie genaamd Schusterton. En soos enige ander dorpie in die land, het Schusterton ’n sekuriteitsmaatskappy wat na die veiligheid van die inwoners omsien. Daar is net twee probleme. Eerstens is Schusterton die veiligste dorp in die land waar daar min tot niks aangaan nie. Tweedens is die grootbaas tronk toe gestuur vir allerlei ongerymdhede en is die sekuriteitsmaatskappy, Taktiek, nou in die hande van sy dogter.”

Dit is ʼn weergawe van Hotel. Minus die faux dokkie/praat met die kamera effek. Plus, pistole. As jy van Hotel gehou het, sal jy van Taktiek hou. Dit is goed genoeg. Daar is ʼn paar skreeusnaakse oomblikke, die spelers is uitsonderlik, daar is genoeg hart in die draaiboek. Die staccato redigering en klantontwerp dra by tot die humor van baie tonele. Dit is die kwaliteit wat jy sal verwag van die Bennie Fourie/Beer Adriaanse kombinasie.

Maar dit is ʼn herhaling. Dit is veilig. Dus vervelig.

Binne hierdie futlose produksie staan Marian Holm steeds uit. Sy funksioneer op ʼn frekwensie wat ons aardse bewoners net kan bewonder. Mandri Sutherland begin ook vlerk sleep met die kamera.

Dalk moet KykNET ʼn Marian Holm/Mandri Sutherland kombinasie ʼn kans gee. Daai draaiboek kan vlamvat.

Total: