‘n goeie dag

February 5, 2010

 

Vandag is ‘n goeie dag vir baie redes.

 

Een, my vrou het onverwags vroeg huis toe gekom. Daar was genoeg tyd vir ‘n organiese espresso en ‘pecan nut pie’.

 

Twee, ons tamatie saailinge het hulle tweede blaartjies en ons aangenome tamatieplant se eerste twee tamaties is aan die rooi word.

 

Drie, my Kaapse Apeliefie plant is mal oor die nat weer en groei by die dag.

 

Vier, Grace kry ‘n boetie of sussie.

 

Vyf, ons gaan vanmiddag plaas toe.

 

Ses, my gestremde pa is veilig by die huis. Die dokters kon sy longontsteking gesond kry.

 

Die foto’s is in die volgorde van die vyf punte hierbo en die vyf punte is nie in enige spesifieke orde nie.

 

      

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Previous post landskroon wines
Total: