Bakkes vs. Bakkes

January 19, 2011

Ek het beide moer toe die vreemde in en Stoffel in die Wildernis terdeë geniet. Beide skrywers is gebore storievertellers en, as ek oordeel aan die avonture wat hulle in die wildernis meemaak, leef hulle blykbaar lewens baie meer opwindend as myne!

 

In ʼn neutedop

Die kort reisverhale word van uit die manlike oogpunt vertel en dit is iets waarvan ek hou. Die vertellings is ‘cut and dried’, op die man af, sonder onnodige schmaltz. Daar word lekker gevloek, bier gedrink, ver ente gestap, met die noodlot gesukkel en met die natuur gewerk.

 

Aan wie beveel ek dit aan?

Moer toe sal ek aan enige iemand aanbeveel. Daar is ʼn menslikheid, ʼn warmte in Johan se vertellings wat tot enige iemand sal spreek – man, vrou, jagter, stadsjapie. Sy humor, soms teen homself gerig, is uitstekend en maak die avonture meer toeganklik vir iemand wat dalk nooit deur die Naukluft Park gaan stap nie.

Stoffel, wat meer handel oor die vang en beskerming van diere, die oppas van die natuur is meer ernstig en sonder die menslike element wat moer toe bevat.

 

Opsommend

Ek het moer toe klaar gelees, maar Stoffel halfpad neergesit.

 

Details

Moer Toe Die Vreemde in deur C. Johan Bakkes

Vrygestel:  04 December 2001

Formaat:  Sagteband, 96 pp

 

Stoffel in die Wildernis deur Christiaan Bakkes

Vrygestel: 13 Maart 2003

Formaat: Sagteband, 144 pp

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Eternity Previous post Eternity
Next post Fotografie
Total: