Bloedsuiersmovie: wenner van die eerste kompetisie

May 5, 2011

Suritha Blake het ingeskryf vir ʼn Bloedsuiers kompetisie en ‘n ete saam met die vier lede van die cast gewen. Ek het haar uitgevra oor die aand. (Iemand anders was verantwoordelik vir die foto’s.)

.

Reney Warrington: Wat maak jy vir n lewe, Suritha?

Suritha Blake: Ek is ‘n beurs administrator vir sig-gestremde studente.

.

RW: Vertel bietjie meer hieroor.

SB: Ons organisasie sien om na blinde Suid Afrikaanse oorlogsveterane en hulle families. Ons bied ook beurse aan blinde en gesig-gestremde studente en subsidies aan orginasies wat Oriëntasie en Mobilitiets dienste aan blindes en gesig-gestremdes lewer.

Om tyd saam met die mense deur te bring het my dankbaar laat voel oor baie dinge. Hulle is wel blind maar tog so onafhanklik, niks stop hulle nie. Die studente is so inspirerend. Hulle doen goed met hulle studies en is regtig ‘n aansporing vir my en my eie studies, BComm Financial Management deur Unisa.

RW: Hoe het jy uitgevind van Bloedsuiers?

SB: Social Networking. Ek het dit op Twitter @RobVanVuuren se status gesien. Van daar het ek @Bloedsuiermovie gevolg en op die website gegaan.


RW: Het jy ook so hard gelag vir die
trailer? ‘Uit my pad uit, dom donders!’ Ha ha ha.

SB: O, ek het! Dit was action packed, snaaks en kick ass. Ek was baie impressed en kan nie wag vir die movie nie.


RW: Dink jy die idee van ‘gehoor befondsing’ gaan werk? Dat ons, die gehoor, ons hard verdiende ZAR’s bydrae tot die maak van die film en so besluit watter films gemaak word?

SB: Ek dink dis ’n briljante idee en JA, dit sal werk. Dis die eerste van sy soort, so baie mense sal bydra.


RW: Jy het bygedra, so in aanmerking gekom vir die kompetisie en ‘n ete gewen saam met Francois, Inge, Darron en Tyrel. Wie wou jy die graagste ontmoet en hoekom?

SB: Ek was so excited oor ek gewen het, ek’t nie eers daaraan gedink nie. Maar as ek moes kies sou dit beslis Inge en Cherie wees – pragtige vroue met Girl Power.

RW: Was jy nervous? Was iemand laat?

SB: Ek was eers nervous die dag van die ete. Ek kon nie besluit wat om aan te trek nie! Ek en my vriendin het na almal daar aangekom, ons was diegene wat bietjie laat was. Almal het gegroet en die ys was gebreek. Ek was gou op my gemak want almal is so plat op die aarde.

 

RW: Was Francois so nice soos almal se?

SB: Francois is propvol energie en verskriklik nice. Hy is baie goeie geselskap en het my lekker laat lag. Ek het hom gekomplimenteer oor sy skinny jeans. Nie enige man lyk aantreklik in ’n skinny cut nie. Hy’t gelag en ook toegelaat dat ek ‘n foto van sy tattoo neem.

 

RW: Waar is die foto? Hmm? Al op die Internet?

Die foto is reeds op FB!

RW: Was Inge so hot, ag ek bedoel, so intelligent soos sy oorkom in onderhoude?

SB: Sjoe, maar Inge is baie mooi. Ons het n hele paar topics geraak – van social networking tot religion. Ons het ook oor kook en vrouwees gesels. Sy is baie open-minded. Ek sal sê sy’t ‘n baie goeie kop op haar skouers, ‘n goeie manier van dinge in perspektief sien.

 

RW: Was Tyrel so sexy soos hy in die trailer is? (Jy het sy spiere gesien?!) En Darron so snaaks?

SB: Duh! Tyrel is nog hotter in real life. Ek’t hom ’n drukkie gegee en JA hy is regtig goed gebou. (Ek het sy spiere in die trailer gesien ja.) Ek’t so gewens dat hy die aand ’n muscle top dra.

Darron is baie snaaks en talkative. Ons het baie oor movies, YouTube clips en TV series gesels. Hy het op ‘n kol vir Dr Evil (Austin Powers) nagemaak.’n Regte grapjas.

 

Laastens, waarop het die ander Bloedsuiers fans, die wat nie gewen het nie, uit gemis?

Ek het baie hoë hakke aangehad. Tyrel het vir een foto op sy tone gestaan. Dit was so oulik! Hy’s hot genoeg, hy’t regtig nie lengte nodig nie.

Darron het weer ’n pink panther pose gestrike en ek is amper seker daai foto sal nie ge-publish word nie. O maar dit was snaaks.

En Francois het soos n ware heer gesê: “Ek trek my boep in spesiaal vir julle dames“

Ek was heel impressed dat Inge haar hele pizza opgeëet het. Ek kon net ’n halwe klaarmaak.

Ek het regtig ’n stunning tyd gehad!

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: