Die Real Housewives van die Wynlande – Ag, nee man

July 1, 2023

Die lewe is te kort om na die Real Housewives van enige dorp te kyk. Mens weet mos dit is ʼn klomp straatkatte in fancy dress. Dus vermy ek die franchise met groot tevredenheid, en kom ons wees nou eerlik, ook met ʼn mate van oordeel. Die kinders sal my judgy noem. Skeel my min. Ek hou ook nie van Beyonce se musiek nie. Hoe’s daai vir braaf wees?

.

Toe karring skrywer Sidney Gilroy aan my vasberadenheid met ʼn verdomde Facebook-plasing wat dié einste reeks kritiseer. Die kinders sal hom dalk ook judgy noem. Juis hoekom ek van sy plasings hou. Ek kyk die eerste twee episodes van Die Real Housewives van die Wynlande.

.

Dit het my ʼn paar weke (en ʼn aantal kere se stort) geneem om die trauma te verwerk. Met mense wat elke honger gaan slaap, hoe vlieg jy Harrods toe vir die naweek om te shop? Met vroue en kinders wat weens familiegeweld dakloos gelaat word, hoekom wil jy jou next level paleis vir hulle wys? Hoe laag het ons gedaal as hierdie die vermaak is wat ons saam met aandete en ʼn glas wyn wil geniet? Ek weet voor my siel waarom die kanaal dié goue kalf vervaardig en uitsaai.

.

Ter agtergrond, vir my is die glas altyd half vol.

Selfs na erg gestremdheid in ons familie.

Na my bynier ‘per ongeluk’ uitgehaal is.

Na plus minus dertig jaar se homofobie.

Na drie jaar in die konyn rescue game.

Na twee episodes van die walglikheid, voel ek die mensdom kan nou maar vergaan.

.

PS: ek plaas eerder ʼn foto van die lieflike Einstein saam met hierdie inskrywing.

.

Total: