Hartklop moes eerder ʼn grusame dood gesterf het

July 4, 2023

“kykNET (DStv-kanaal 144) kondig met trots aan dat die kanaal se eerste mediese drama, Hartklop, op Dinsdag 18 Julie om 20:00 begin. As jy nog altyd iets soos Grey’s Anatomy, The Good Doctor, Chicago Med of New Amsterdam in Afrikaans en binne ’n plaaslike konteks wou sien, sal dié nuwe reeks beslis jou hart vinniger laat klop.”

Die volgende toneel is verteenwoordigend van Hartklop se draaiboek. Louw, ʼn lae luis van ʼn dokter body block ʼn jong intern, Elani,en forseer haar om soos ʼn kat te miaau. Ek lieg nie. Sý saal, sý reëls. Hy doen dit ten aanskoue van haar beste vriendin, Karima. Later bespreek die twee vriendinne die insident terwyl hulle Jägermeister shooters by die rolbalbaan geniet. Hulle stem ooreen. Louw is ʼn luis, ʼn lae, lae luis. Karima verklaar haarself immuun teen hom.

Twee minute later, sit Karima buite die rolbalbaan en neem ʼn interaksie waar tussen Louw en ʼn arm vrou wat vadoeke verkoop. Hy glimlag sy grillerige glimlag, vra hoeveel als kos en koop dan haar hele versameling vadoeke vir R800.00. Hy gooi sommer bietjie Zoeloe in. Karima spring op hom. Als is vergewe. Hy is eintlik ʼn goeie ou, julle.

Daar is ʼn klomp ander goed wat pla, plus elke mediese drama cliché onder die son, maar ek dink bogenoemde is sê genoeg.

Total: