Ek joke net

July 15, 2011

Candid camera films was nog nooit ‘hogere’ kuns nie. Dit kan wel vlymskerp kritiek wees en dit moet verseker snaaks wees. Vat Borat as voorbeeld. Sacha Baron Cohen kan jou in een toneel laat lag, huil en met afgryse gevul laat terugsit. Selfs Schuster se films kwalifiseer. (Wie sal die taxi vergeet wat die luislang in ʼn tas opgelaai het? Of die ‘rookie speedcop’? Ek lag al klaar.)

Ek Joke Net is nie skerp, snaaks of oorspronklik nie. Regtig.

Al lig ʼn mens ʼn wenkbrou vir die toilet humor van ander Afrikaanse komedies, is daar tog oomblikke waar jy nie kan help om te giggel nie, waar jy die eg Afrikaanse, of Suid-Afrikaanse humor nie kan ontken nie.

Ek Joke Net se grappies is bloot flou. Hulle druk in by die Checkers til, versteek ʼn pakkie kondome in mense se kruideniersware, verkoop ‘pirated DVDs’ voor ‘n DVD winkel, en, en, ek kan nie onthou nie, want dit was so vervelig.

Daar was een toneel wat moontlik ʼn platform is om op te bou. Die akteurs doen hulleself voor as regeringsamptenare en gaan lig die Bruin vissermanne op Paternoster in dat daar te veel Bruin mense in die Kaap is. Hulle moet eers gou die swartes leer visvang, en dan begin hulle Maandag op die myne in Gauteng. Die vissermanne het net begin vloek toe is die toneel oor.

Ons het ʼn diverse land met leiers, politieke partye en musos wat self hulle name met ʼn plank slaan. Ons kan met ʼn snaakser, skerper probeerslag vorendag kom as Ek Joke Net.

Ek Joke Net kry 1 uit 5

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Bridesmaids Previous post Bridesmaids
Total: