Goede Hoop Merlot/Cab Sav 2001

January 22, 2010

Wanneer dit by wyn koop kom, het ek drie reëls.

1. Dit moet ‘n 4ster John Platter wees.

2. Dit moet nie meer as R55 kos nie.

3. Ek probeer om nie dieselfde wyn twee keer te koop nie.

Glo my, hierdie goeie, goedkoop wyne bestaan. Makro en ek ken mekaar al intiem, en alhoewel hulle ‘n heerlike verskeidenheid het, is ek al twee maal deur hulle 4Ster R55 wyne. Dus moes ek elders gaan soek.

 

Danksy my ma, het ek groot geword met ‘n gesonde afsku in drankwinkels. (En rook). Dus is dit ‘n aardige ervaring om in Louis Botha by die parkeerarea van ‘n bekende drankwinkel ketting in te ry en die verlore en desperate papsak aankopers te sien wag vir die deure om oop te maak.

Maar deurdruk moes ek en ek stap die saal binne met my 2009 Platter gids onder die arm. (Die aankope is in 2009 gedoen.) Sekuriteit stempel my Platter kopie as bewys dat ek nie een van hulle kopieë onderskep het nie. Langsaam gaan ek deur die rooiwyn rakke op soek na nuwe en onbekende wyne. Die 4ster Platter plakker op die bottel Goede Hoop trek my aandag. Dit is darem handig as hulle die Platter status so adverteer. Tog blaai my skeptiese siel eers deur die gids. Die 4 sterre word bevestig, die prys is R55 en ek laai die bottel summier in.

By die betaalpunt kom hulle die fout agter. Die wyn se regte prys is R85, maar dit is hulle fout en daaroor kry ek die wyn teen die kas prys van R50. Mooi, dink ek en ry huistoe.

 

Vanaand sip ek rustig aan die R85 Goede Hoop. My 2010 Platter gids sê die 2001 (die jaar wat ek toevallig aangekoop het) ‘was delicious when taste mid 2008; juicy, ripe & accessible, with plenty to give.

 

Dit is wel nou die begin van 2010, maar die wyn het steeds baie om te gee.

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Previous post the nerdy bookclub
Total: