parow, jack parow

May 17, 2010

 

Met die koop van Zef rapper, Jack Parow, se eerste album het ek sekere verwagtinge gehad; ʼn mate van vuilbekkigheid, windgat wees, kak praat, skerp kommentaar, rou beats (om Jack te quote) en lekker lawwe musiek.

 

Wat ek nie verwag het nie is:

“Ek het al baie goed verloor en dit nooit ooit weer gevind nie.

Ek het al baie vir my ma gesê ek is nie meer ʼn kind nie.

Die lewe is te hard en ek verstaan nie meer die punt nie.

Ek staan langs ʼn groot hoop hout maar ek het nie meer ʼn flint nie.

Ek kry koud op my eie. Ek soek net ʼn klein bietjie warmte.

Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste.

Sommige dae voel ek of ek doodgaan van die hongerte.

Daar is ʼn leë kol in my maag waar ek wegkruip in die donkerte.

 

Ek is gebreek van binne soos al my speelgoed van toe ek klein was.

As ek vandag wegstap sal al my goed pas in ʼn klein tas.

Ek soek net ʼn klein tydjie sodat ek die as van my af kan was.

Maar die soldate op die muur bombardeer my met die traangas.

Ek lê onder ʼn lappieskombers en probeer nog blokkies aanlas.

Maar daar’s ʼn kwaai oom langs my bed en hy sê vir my, Staan vas.

So ek trek die kombers oor my kop en lê oop voete.

En stap die lang pad in my pa se groot skoene.

 

Chorus

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor.

Daar’s net donkerte daar voor.

Ek staan en bewe.

Dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor.

Hou my hand styf vas langs jou sy.

Is jy nog lief vir my?

Sal jy my by die hemelpoorte kry?

Ek hoef seker nie veel meer te sê nie.

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Next post koto song
Total: