Wat is lekker? (RANTS)

October 23, 2009

selfportraitWat is lekker? (Geskryf in Afrikaans 05/07/2007)

 

Om vir jouself te werk en op ʼn Woensdag oggend bloot te besluit jy ry nou Carletonville toe vir jou goeie vriend, Bertus, se verjaarsdag.

 

Om ʼn bottel organiese rooiwyn uit te soek en jou bydrae te maak teenoor die omgewing.

 

Om in Afrikaans te gesels oor die laaste uitgawe van ‘Insig’ en Rian Malan se bydrae hardop te lees.

 

Om aan te sit vir gestoomde groente, springbok en allerhande souse.

 

Om ingeligte opinies te hoor en te redeneer oor Mbeki, Zuma en die lot van Suid-Afrika.

 

Om terug te ry Johannesburg toe en te besef ek is nie so arrogant soos die BMW bestuurder wat op my gat sit en soos ʼn slangkop heen en weer in my truspieëltjie swaai nie.

 

Om John Legend se nuwe album te luister en terug te dink aan die dag wat jy dit kliphard geluister het deur die Hollandse platteland.

 

Om die kruise en dooie blomme langs die pad te sien en te weet dis nie my mense wat daar omgekom het nie.

 

Om lekker te voel oor al die dinge.

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Previous post Grindhouse (FILM)
Total: