‘Gewis Is Alles Net ‘n Grap’ deur Hennie Aucamp

January 27, 2011

As mens self al ʼn boek of twee aan ʼn uitgewer gestuur het, of die droom koester om eendag jou naam (in liggies) op Kalahari.net se ‘24hr Delivery Shop’ te sien, en jy slaan ʼn Hennie Aucamp bundel oop, kan een van twee dinge gebeur.

Jy kan petrol op jou rekenaar uitgooi, seremonieel die stuk tegnologie, met al jou halfklaar stories daarbinne, aan die brand steek en verlig jou asem uitblaas oor jy nooit iemand anders met jou literêre sêgoed gemartel het nie.

Of jy kan kantoorwerk, groot huise en duur karre vir ewig en vir altyd afsweer en jou lewe, spaargeld en intellektuele vermoëns daaraan wy om jou eie merk te probeer maak oor Aucamp se gawes bloot nie haalbaar is vir ons gewone aardelinge nie.

 

In n neutedop

Dit is ʼn bundel kortverhale met ʼn wye reeks onderwerpe.

 

Aan wie sal ek dit aanbeveel

Enige iemand oor 18.

 

Nuwe woord geleer

Akwarelle – waterverf skildery.

 

Beste aanhaling

Die lys is lank.

 

“Onder sy mantel steek sy carbernet-kleurige stewels uit, skerp gepunt, soos wraak self.”

 

“…sweetdruppels slaan op hom uit soos ʼn ekseem.”

 

“Ek en Xalsile moet ongeveer ewe oud gewees het, sover ons die jaar van sy geboorte aan die hand van natuurrampe aan plaaslike geskiedenis kon vasstel.

Ons was in elk geval presies ewe lank.”

 

Opsommend

Ek het al vuurhoutjies in die hand gestaan, reg om my halfklaar stories hemel toe te stuur, toe dink ek aan hoe breed ek glimlag as ek ʼn hele dag kan stories en karakters bou. (En al my Gaga videos op die rekenaar. J)

Ook werk ek vir myself, bly ek in ʼn woonstel en bestuur ek ʼn klein Ford KA. Dus kan ek aanhou Aucamp lees en werk aan my eie merk.

Details

Gewis Is Alles Net ‘n Grap En Ander Stories deur Hennie Aucamp

Uitgegee:   Januarie 1995

Pages: 112

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: