‘Klara kom tuis’ deur Margaret Bakkes

January 21, 2011

Ek is beslis nie die teikenmark vir hierdie boek nie. Ek was met tye heel verveeld. Aan die anderkant is ek ook nie n boer nie. Tog, as my boervriend, Eddie, ‘n gebore storieverteller, vertel dat sy mielies weet hulle is in die moeilikheid en dat hulle nou alles moet insit om mooi te lyk, maar dan tog na niks gaan proe nie, is ek vasgenael. (Ek weet ook al meer van Boran beeste af as die gemiddelde burger.)

 

In n neutedop

Klara trou vroeg. Haar man is verslaaf aan sy werk. Sy maak alleen kinders groot. En so gaan dit aan tot sy oorsee gaan.

 

Aan wie sal ek dit aanbeveel

Vrouens wat onwrikbaar glo in die huwelik, kinders grootmaak en opofferings maak vir jou familie.

 

Nuwe woord geleer

Plattegrond? Kaart.

 

Beste aanhaling

Hmm, nie een het werklik uitgestaan nie. Die teks is te inmekaar gevleg.

Opsommend

Die verhaal word baie terloops vertel. Baie jare en talle gebeurtenisse speel af in die bestek van 111 bladsye. Nie een gebeurtenis of karakter, behalwe Klara se eie gewaarwordinge, word werklik in diepte beskryf nie.

 

Details

Klara kom tuis deur Margaret Bakkes

Formaat: Sagteband 137 x 212 mm 111pp

Vrygestel: 2009

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Previous post Fotografie
Total: