Karen Zoid – ‘Terms & Conditions’

November 22, 2010

Terms & Conditions is goed genoeg. Die skerp lirieke, die uiters catchy poptunes, die paar gatskop rock tunes, die gebruik van gesoute musos, haar stem wat beter klink as ooit tevore, dit is alles goed genoeg.

Maar ek verwag meer van Karen Zoid.

Ek verwag meer as bloot ‘n voortsetting van die laaste album (wat ook goed genoeg was). Ek verwag die rou energie en die passie wat die eerste twee albums so besonders gemaak het.

Ek verwag dat sy haarself oortref, dat sy die ou resep weggooi en iets nuut en vars probeer.

Ek verwag dat sy my inspireer.

 

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: