KKNK 1 April – ‘Taraboemdery’

April 1, 2010

Volpunte aan Neil Sandilands. Sy energieke, charismatiese vertolking van die gladde bek, niksnut Koot Venter het die gehoor empaties teenoor sy karakter gelaat.

In ʼn neutedop…

Koot Venter arriveer laatmiddag by Buks Pieterse se garage. Hy krap almal se lewens om. Fransien sien haar redding in Koot. Haar man Buks sien sy ondergang. Vir Breggie is Koot een aand se plesier, vir haar broer Evert is hy kompetisie vir Fransien se hart. Die wyn vloei, Koot speel kitaar en die moeilikheid begin.

 

Die bekoring van die stuk…

Elke akteur was perfek in hulle rol. Richard van der Westhuizen speel die papbroek, Buks, met groot deernis. Milan Murray is geloofwaardig eers as die koketterige Fransien, maar ook later as die tragiese figuur wat nie haar eie lot kan beheer nie. Selfs die byspelers, Pierre van Heerden en Petro van den Heever staan uit met hulle perfekte ‘comedic timing’.

Alhoewel die stuk in 1976 vir die eerste keer opgevoer is, is die temas tydloos en die Afrikaans wat hulle gebruik kragtig en direk.

 

Die hoogtepunt…

Neil Sandilands.

 

Die produksie…

Om ʼn toneelstuk in ʼn buitelig amfiteater te sien, met die Karoo as agtergrond, is onbeskryflik. Die gebruik van bekende ‘branding’ soos Coke, Isuzu en SupaQuick het die stel baie realisties gemaak.

 

Aan wie sou ek dit aanbeveel?

Almal.

 

Verdere inligting…

http://www.kknk.co.za/vertonings/taraboemdery

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: