KKNK 2 April – ‘Adam September en die Nazi skat’

April 2, 2010

Marius Weyers as n gay Nazi? Ek giggel nou nog. Mnr Skooldae, Ben Kruger, as n dom Afrikaner soldaat wat net nie wil sterf nie? Histeries. Dit is egter Adam September (Ivan Abrahams) wat die kollig steel.

 

In n neutedop…

Die Nazis het blykbaar na die Tweede Wêreldoorlog n skat in die Duitswes-Afrika weggesteek. Adam en sy seun Jodi kompeteer met Heintz die nazi en Wolf die Afrikaner om eerste by die skat uit te kom. Almal weet iets, maar niemand is seker presies wat dit is nie.

 

Die bekoring van die stuk…

Die humor is skerp, maar respekvol. Daar word draak gesteek met bruin mense, Afrikaners, Duitsers, poefters en die macho man, maar dit word gedoen met deernis. Met ander woorde die draaiboek is nie snaaks ten koste van iemand anders nie.

Wolf, die dom een, kla byvoorbeeld oor Heintz en Duitsers in die algemeen. Hulle is so windgat met hulle karre en Eiffel Toring!

Adam maan Jodi om nie Wolf se bakkie te steel nie, want dan word hulle gejaag deur die Nazi’s en die Afrikaners. Jodi se reaksie? Wat is die verskil?

Heintz kruip agter op die bakkie weg en sê vir Wolf om Adam en Jodi voor te laat ry. Wolf vrek amper daaroor. Hulle is mos bruin. Sy verskoning is dat hy van Ventersdorp af kom en sy pa in sy graf sal omdraai…

 

Die hoogtepunt…

Marius Weyers in n satyn japon? Nee, ek spot, Ivan Abrahams, is absoluut charming as Adam September.

 

Die produksie…

Die verhoog dekor is min en moet tussen tonele rondgeskuif of gedraai word. Om dit te verbloem en ook die volgende toneel aan die vorige te bind, gebruik die toneelstuk cool of kitsch musiek (Boney M, James Brown, Dolly Parton) of komiese radio weervoorspellings. Ek het veral die voorspelling geniet dat dit NOOIT weer gaan reën nie.

 

Aan wie sou ek dit aanbeveel…

Omtrent almal. Die f-woord word lekker gebruik, so diegene wat sensitief daarvoor is, bly maar tuis.

Verdure inligting…

http://www.kknk.co.za/vertonings/adam-september-en-die-nazi-skat

 

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: