sondag

January 24, 2010

Vandag is ‘n goeie dag want my ernstig gestremde broer, R.B, lê nie in die hospitaal nie.

 

Die 4 paramedics wat gisteraand na 21:00 om sy bed gestaan het, het besluit hy is okay dié keer. Sy pap lyf en uitdrukkinglose oë is nie genoeg rede om hom te ontwrig met ‘n ambulans rit hospitaal toe nie. Dit is dalk brongitus, maar sy suurstof en hartklop is normaal, so hy en my ma kan die nag rustig ingaan.

 

Dit was te laat en reënerig vir my om deur te ry, so in die donker badkamer van my woonstel het ek gesit en dink. As hy nie die aand maak nie en ek in die loop van die nag of môreoggend 8uur wanneer my ma hom gewoonlik wakker maak vir sy medisyne, die oproep kry, dan het ek gelukkig oor Desember baie tyd saam met hom spandeer.

 

Steeds het ek gehuil.

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Total: