waar was my kamera?

January 25, 2010

 

Op pad gym toe, siek ek voor in die pad dobber ‘n spikkel aan die linkerkant. Van nader af sien ek eers die grys hare, toe die maroen elektriese aangedrewe stoel/fietsie/rolstoel ding. En ek weet die antie gaan Pick n Pay toe.

Ons moet albei regs in die parkering indraai. Ek hou stil agter haar en wys sommer vir die swart Core Tactical double cab bakkie wat van vooraf kom hy moet dieselfde doen. Die antie sien die verkeerstilte, glimlag breed en waai vir almal. Ek skat haar so 75?

In die parkeerarea ry ek ‘n draai om haar oor ek haar nie wil senuweeagtig maak nie. Ons paaie kruis by die ingang van die sentrum. Ek stap in, sy parkeer op die Disabled Parking. Haar ‘stoel’ is net groot genoeg om die teken op die teer toe te parkeer.

Sy trek die groen baadjie en bypassende groen romp reg, druk die hare in posisie en groet die sekuriteitswag. En aan die manier wat hulle vir mekaar knik en glimlag, besef ek sy is ‘n regular hier, met haar ouwêreldse grasie, maroen karretjie en waagmoed.

    Leave a comment

    Time limit is exhausted. Please reload the CAPTCHA.

Previous post sondag
Total: